Het jy daardie manuskrip van jou agter in die laai ingegooi nadat iemand iets krieties daaroor gesê het? Het jy 'n familielid soos my 75 jarige moeder wat haar storietjie geskryf het en nie weet hoe, of dit nie kan bekostig om dit te publiseer nie? Om 'n boek te laat druk is
baie duur en hoe kleiner die oplaag hoe meer kos dit per boek. Geen
wonder soveel mense raak moedeloos en vergeet liewer van daardie
digbundel wat hulle vir die kleinkinders wou laat druk het nie.
Elektroniese uitgewery
maak dit net soveel makliker. In minder as 'n week kan ons jou boek,
handboek, gedigte of oupa se dagboek, registreer met 'n wêreldwye
ISBN nommer en dit beskikbaar maak opAmazon.com, vir enigiemand in
die wêreld
om te koop. Enige plek in
die wêreld
kan iemand kyk na die voorblad van jou boek, die opsomming lees en
enige kommentaar wat geskryf is. Jy
besluit op
die prys in US Dollars en in 'n japtrap is
die boek afgelaai en minute later kan Boetie in Kanada, Ouma se
storie op sy Kindle of E-Boek leser geniet. Hoe
vernuftig is dit? Maar gaan jy deur jou nek moet betaal vir dit?
Glad
nie, dit kan jou so min as R500 kos indien die finale manuskrip en
voorblad in die regte formaat aan ons gelewer word. Jou kinders of
vriende kan moontlik hiermee help en dit spaar ons die koste van
proef-lees en grafiese kuns om die voorblad te ontwerp. Moenie
bekommerd wees nie ons sal 'n volledige lys van die vereistes,
groottes en formate aan jou stuur wat jou boek 'n elektroniese wen
publikasie sal maak. Ja en ons sal kyk dat Sussie se poging goed
genoeg is vir die internasionale
mark. Indien nie sal ons u laat weet.
Waar dit by proeflees kom hang dit baie
af van hoe haastig jy is om 'n manuskrip af te handel. As jy nie
haastig is nie kan die proefleser dit inpas tussen hulle belangrike
(lees vol betalende) kliënte en dan vir jou 'n beter tarief gee. Die
industrie tarief op die oomblik is omtrent 10 sent per woord. Vir 'n
langerige boek kan dit nogal duur raak. Tik “proeflees afrikaans”
in op Google en jy kom by 'n wye verskeidenheid skrywers en
proeflesers uit. Marietjie (082) 570 6677, het my ma se boek gedoen
en Ilse (082) 330 7596 het 'n boek oor Italianers in Suid-Afrika
geskryf. Kontak hulle gerus vir 'n kwotasie. Ek verkies om nie
betrokke te raak nie want die skrywer moet tevrede wees met sy
manuskrip, dit is wat belangrik is vir my.
Hou
in gedagte dat mense net jou boek kan koop indien
hulle weet daarvan, oortuig is dat dit goeie waarde vir geld is en
dit maklik in die hande kan kry. Kyk na ander voorbeelde van boeke op
ons webblad – kliek op die boek se voorblad en sien hoe maklik dit
is om die boek te koop! Moenie
'n fout maak nie, baie boeke wat bloot elektronies gepubliseer word
sonder enige bemarkingsveldtog,
lei dikwels tot teleurstelling. Onthou
daar is miljoene ander
boeke waarteen jy wil gaan meeding om verkope. Jou bemarking moet
gerig wees op die regte tipe leser, iemand wat sal belangstel om jou
boek te lees. Die boodskap moet hulle nuuskierig genoeg maak om op
die skakel te kliek en hulle in die kuberruimte-boekwinkel
te kry. Wanneer hulle daar is kan hulle na die voorblad kyk, die
opsomming lees en die aankoop maak. Hulle kan egter ook al hoe verder
begin rondkyk en naderhand weg beweeg van jou boek af.
Familie
of vriende kan ook help om 'n webtuiste op te stel en dit te koppel
aan Facebook of ander vorms van sosiale media. Miskien beter as jy 'n
paar Rand opsy kan sit vir die bemarking van jou boek. Ons kan jou in
aanraking bring met professionele bemarkers soos JTO, wat 'n spesiale
aanbod vir ons gee van R1000, wat insluit 'n eenvoudige webtuiste
gekoppel aan Facebook, wat aangedryf word vir een jaar. Kontak hulle
direk deur die skakel hier bo, indien 'n meer gevorderde
bemarkingsplan
benodig word.
Hulle het ons al ook uitgehelp met grafiese kunswerke, drukwerk en
soek enjin optimalisering.
Onthou,
familie, vriende en mond-tot-mond bemarking kan baie nuttig gebruik
word.
Moet
asseblief nie huiwer om ons te kontak
met u navrae of enige ander inligting wat benodig word nie.